Wednesday, May 19, 2010

Die volk se stryd om vryheid

deur Radio Pretoria,

Menige Afrikaner, en in besonder die Boere-Afrikaners, neem deel aan die stryd om selfbeskikking te herwin. Dit is nie ’n apartheidstryd nie, dit is ’n stryd om te wees soos die ander beskaafde volke van die wêreld, waar elkeen sy eie begrensde grondgebied besit, regeer, bewoon en bewerk.

Om dit werklikheid te maak, is ’n moeisame pad. Die verskillende opsies wat bestaan het elkeen besondere voordele, maar waarskynlik ook besondere nadele. Ten einde selfbeskikking te verwesenlik, is daar oor ’n lang tydperk ernstig besin deur verskillende strukture en organisasies.

Een van die opsies word van die mees aanvaarbare handelinge beskou – nie net deur volksgenote nie, maar ook deur die internasionale gemeenskap. Dit is die Reg op Selfbeskikking soos vervat in die besluite van die Verenigde Nasies.

Die Volksraad Verkiesings Kommissie stel hom ten doel om hierdie opsie te gebruik om ons volk op demokratiese wyse tot ’n volkstemming te lei waar volksverteenwoordigers aangewys word om uitvoering te gee aan die prosesse wat uiteindelike selfbeskikking kan bied.

Radio Pretoria is verantwoordelik om saam met die VVK in hierdie prosesse deel te neem deur die boodskap van deelname oor te dra aan elkeen wat glo dat Afrikaners weer ’n vrye volk behoort te wees.

As jy hiermee eens is, dan word jy vriendelik versoek om kontak te maak met die verteenwoordigers van die VVK, sodat jy geregistreer kan word as kieser om deel te neem aan ’n volkseie verkiesing.

Kontak die VVK by telefoon nommer 012- 803 0712 of stuur ’n e-pos aan info@vvk.co.za en gee daarmee die eerste tree tot volksvryheid.

Jy kan ook per slakkepos kontak maak: VVK, Posbus35133, Menlopark 0102

No comments:

Post a Comment