Wednesday, June 23, 2010

'Jammer dat ons leef'

 Vlad du Plessis

In sy rubriek Wanneer gaan die Afrikaner koers kry? noem Dan Roodt beslis interessanthede wat verdere bespreking verdien. Ek dink nie mens kan hedendaagse Afrikaner politiek verstaan as jy nie die politieke psige van vandag se Afrikaner begryp nie.

Dit is my mening dat die Afrikaner se gebrek aan politieke mobilisasie en die amper algehele onvermoë van Afrikanerleiers om hul volk se verbeelding aan te gryp baie meer kompleks as blote swak leierskap is. Die probleem hou eerder verband met die leierskap se wanbegrip van die oorsake rakende die gebrek aan politieke belangstelling deur Afrikaners.

Heelwat gewag is al gemaak van die konsep “wit skuld” en dat dit dan ‘n verlammende uitwerking op Afrikaners sou hê. Ek wil aanvoer dat “wit skuld” nog nooit by Afrikaners bestaan het nie; nie in die verlede nie en ook nie nou nie. Indien dit wel bestaan, is dit maar ‘n blote simptoom, ‘n blote oppervlakkige uitdrukking van ‘n dieperliggende probleem. Skuld is m.a.w. bloot ‘n manifestasie van ‘n baie sterker en onerkende emosie. Andersyds word “moedeloosheid” onder Afrikaners selfs meer dikwels as skuldgevoelens genoem, maar ook in hierdie geval is daar waarskynlik baie meer aan die werk as wat die oog kan sien. Modeloosheid en Skuld mag albei dieselfde grondoorsaak hê.

Om die Afrikaner se situasie te verstaan, baat dit om daardie pioniersveld in die sosiologie, nl Skaamteteorie te bestudeer. Gaan kyk mens wat die voorste van daardie kenners, Thomas Scheff oor Duitsland ná die eerste wêreldoorlog te se het, dan raak die verklaring vir ons situasie glashelder.

Weereens moet ek Dan Roodt krediet gee dat hy die een is wat die parallel tussen Kemptonpark en die Verdrag van Versailles getrek het. Soos die Duitsers is Afrikaners ná die gewraakte oorgawe akuut en chronies verneder. Hierdie is die sleutel vir ons huidige dilemma. Afrikaners word nie net gedurig bewus gemaak van die “verskriklike sonde” wat ons deur apartheid gepleeg het nie, maar veral deur Naspers word Afrikanerskap en enige vorm van Afrikaner politieke uitdrukking konstant as ‘n vorm van agterlikheid uitgebeeld. Vele Afrikaners neem dit ter harte. Die vernedering is niks anders as skaamte nie. Dit is die sleutel tot ons huidige problematiek en ek kan eerlik nie sien hoe ons enige vordering kan maak as ons nie hierdie dinamika verander nie. Ek wil so ver gaan om te sê dat hierdie begrip die “heilige graal” van Afrikanerbevryding is.

In die skaamte-woede-siklus, raak die slagoffer/onderdrukte kwaad omdat hy gedurig beskaam word. Dit is hierdie woede wat tot Duitse nasionalisme in aanloop tot die tweede wêreldoorlog gelei het. Ongelukkig vir die Duitsers het die bevryding wat uit hul skaamte-woede-siklus gevolg het weer tot ‘n oorwinning teen hulle gelei, maar dit hoef nie vir ons te geld nie. Eintlik het Afrikaners sedert die vernedering van die Anglo-Boereoorlog reeds deur hierdie siklus gegaan en anders as die ná-eerstewêreldoorlogse Duitsers het ons reeds langdurig met sukses die botoon gevoer.

Kom ons kyk meer in diepte na skaamdinamika. Die deeglike studie van Thomas Scheff, Helen Block Lewis en Suzanne Retzinger wys vir ons dat skaamte op een van twee maniere manifesteer: hetsy bedekte skaamte, hetsy openlike skaamte. Bedekte skaamte lei tot woede. Dit is waar die skaamtelyer die skaamte ontken deur dit eerder te laat omsit in woede. Volgens die skaamteteoretici sal sulke woede weer tot oortreding lei wat weer ‘n nuwe vlaag skaamte sal meebring. Trots is die teenpool van skaamte en kan nie herstel word voordat die skaamtesiklus nie verbreek word nie. Hoewel die Skaamteteoretici meen dat woede weer skaamte sal meebring en sodoende die siklus in stand hou, verskil ek daarmee. Ek reken egter dat waar ‘n onderdrukte volk sigself d.m.v. woede van onderdrukking bevry, daadwerklike trots sal volg. Dus die einde van die skaamtesiklus. Thomas Scheff, ‘n jood van Duitse afkoms, het self familie in die holocaust verloor en sou dus beswaarlik erkenning aan die bevrydende effek van woede gee.

Ek kan met sy familiegeskiedenis simpatiseer, maar moet verskil daarmee dat woede alleen verdere skaamte sal meebring. Dis juis langdurige woede ná die Anglo-Boereoorlog, wat tot Afrikanernasionalisme en die uiteindelike trotse totstandkoming van die 1961-republiek gelei het. Toegegee, sekeres sou argumenteer dat daardie nasionalisme tot apartheid (1948) en dus tot ons verdere beskaming sou lei (want volgens die Skaamteteorie kry die oortreder skaam weens sy oortreding). Dit sou dus ‘n argument teen die herontwaking van Afrikanernasionalisme kon wees. Die teenargument hiervoor sou wees dat, in ‘n volkstaat, sou ons nie teen minderhede diskrimineer nie en dus sou daar geen oortreding en dus geen skaamte wees nie.

Myns insiens lei die konstante beskaming waaraan Afrikaners blootgestel word, tans, tot openlike skaamte en in ons geval manifesteer openlike skaamte in verskeie gedragspatrone, waaronder die konstante soeke na versoening met die swart onderdrukker (sg “wit skuld”) tot en met algehele ontrekking van die politiek (sg. “moedeloosheid”). Ek glo die rede waarom die skaamte nooit in woede omsit, soos in ander historiese gevalle nie, is deels die gevolg daarvan dat alle vorme van Afrikanernasionalisme (wat opsigself die noodsaaklike voertuig vir woede is) as agterlik en “beskamingswaardig” voorgehou word. Tweedens word die opbou van woede, die stoom wat volksnasionalisme moet aanspoor, deur gesimuleerde groepsgebonde “konflikte” in die vorm van rugbywedstryde afgelaat.

Versoening met die oortreder (die swart regime) kan wel die skaamsiklus verbreek, maar dan moet dit werklike versoening wees en ek is oortuig daarvan dat die die kloof tussen wit en swart so diep is dat dit nooit bereik sal word nie. Boonop help dit nie die onderdrukte hou aan met sy versoeningspoging vol terwyl die onderdrukker konstant met sy oortreding voortgaan nie. Dit begin ooreenkomste met Stockholmsindroom toon en mag die onderdrukte/slagoffer se poging wees om sy eie trots te herstel uit hoop dat die onderdrukker iewers in die toekoms dalk met hom solidariteit sal toon. Versoening tussen wit en swart is wel kortstondig tydens die 1995-rugbywêreldbeker bereik, maar die diepe strukturele verdelings tussen wit en swart het dit nie-blywend gemaak.

Die werklikheid van skaamte is dat die lyer(s) (beide oortreder en slagoffer) na verlossing daarvan soek. Soos reeds gesê, lei dit onder Afrikaners, onder andere tot ontrekking van enige politieke uitdrukking. (Mens kan hierby toevoeg dat skaamte, binne die ANC, weens die regime se konstante oortreding moontlik bydra tot die groeiende rassehaat teen blankes soos deur Julius Malema versinnebeeld.)

Massabyeenkomste soos die saamtrekke na Angus Buchan se Mighty Men (die naam spreek ook tot skaamlyers) en rugbybyeenkomste bied wel ‘n geleentheid om op alternatiewe maniere trots te probeer herwin. Hierdie geleenthede skep ‘n gevoel van solidariteit en solidariteit herstel die sin van trots. Geen van hierdie geleenthede kan egter die wesenlike probleem van skaamte oplos nie, want nie een van hulle spreek die grondoorsaak, naamlik konstante vernedering in ondergeskiktheid aan ‘n vyandige onderdrukker, aan nie. Hoogstens bied dit tydelike simptomatiese verligting.

Vir Afrikaners om van die 1994-vernedering en die gevolglike aanhoudende beskaming te ontsnap, sal ons die volle skaamte-woede-siklus moet loop en dan op ‘n kritieke oomblik in die woedefase strategies moet optree sodat daadwerklike politieke bevryding verkry kan word. Die bevryding moet dan lei tot die herstel van trots.

Die omvang van ons skaamte is so verreikend dat selfs ons leiers skaam is. Organisasies wat weier om by die bevrydingsideaal betrokke te raak getuig hiervan. Selfs die Vryheidsfront is besmet met hierdie kwaal, soos gesien kan word uit die ontwykende houding wat die organisasie teenoor Afrikanerselfbeskikking het. Die volgende vertelling deur Dan Roodt dui ook hierop:

“Enkele dae gelede sê 'n prominente lid van die party, dr. Conrad Beyers, egter vir my dat die party eerder sy Afrikanersentriese leuse moet laat vaar en 'n party ‘vir alle konserwatiewe Suid-Afrikaners, ook swartes, moet word’. Hy is blykbaar skaam vir die ‘rassistiese beeld van die party’ as 'n beweging vir blanke Afrikaners. Beyers is 'n dosent aan die multikulturele Universiteit van Pretoria en in 'n gesprek met 'n Venda-student het hy ongemaklik begin voel om aan hom die Vryheidsfront Plus se beleid te verduidelik. Kennelik val "selfbeskikking vir Afrikaners in 'n eie geografiese gebied of volkstaat" net nie mooi op die oor van 'n Venda-student nie en daarom begin Beyers sterk aan die roeping van sy eie party te twyfel.”

Wanneer ons eie leierskap dus die gevangenes van skaamte is, is ons kans op bevryding amper nul.

Nêrens in Afrikanergeledere word die ideaal van bevryding juis so onbeskaamd verkondig as in PRAAG nie. Dit vertel vir ons geweldig baie van die ideologiese insig en ook die morele krag van Dan Roodt en diegene wat saam met hom werk. In ‘n volgende stuk sal ek meer hieroor sowel as die komende afsterwe van die VF+ skryf, maar laat ons nou eers fokus op Afrikanerbeskaming.

In een van die “demokratiese verkiesings” wat sedert 1994 gevoer is, het die DP ingetap op Afrikaners se begeerte om hul trots deur woede te herstel. Met die “Gatvol”-veldtog het die DP daarin geslaag om die Afrikanerkieser weg te rokkel van sy tradisionele partye. Die DP het die Afrikanerpsige beter verstaan as die “met die ANC versoenende” NP en VF. In Weimar-Duitsland het Adolf Hitler met massale sukses die Duitsers se begeerte om deur woede van skaamte te ontglip gebruik om ‘n politieke wending mee te bring. Die meer onlangse begrafnis van Eugène Terrreblanche het vir ons gewys dat Afrikaners meer as ryp is om deur woede gemobiliseer te word. En tog het ons ook gesien dat Afrikaners volwasse genoeg is om nie met daardie woede onverantwoordelik om te gaan nie. Dit was ‘n baie ordelike en effektiewe uitdrukking van volksnasionalisme.

Blote pogings om Afrikaners tot godsdienstige verootmoediging te roep, sal hulle teruglei tot die versoenende logika van ons geloof en dit sal weer lei tot vrugtelose pogings om met die swarte te versoen. Dit is waarmee Angus Buchan Afrikaners elke keer onskadelik stel. Rugbywedstryde is ‘n kragtige emosionele uitlaatklep, maar vir Afrikanerbevryding is dit skadelik. Die beweging wat Afrikaners uit sy huidige moeras van rigtingloosheid gaan lei, sal nie net Afrikanerselfbeskikking onbeskaamd verkondig nie, maar sal ook vreesloos Afrikanerwoede na die oppervlak probeer bring. Daardie woede sal dan soos op Ventersdorp verantwoordelik bestuur moet word, maar ook konstant lewendig gehou word. Hierdie organisasie sal die moed moet hê om binne die huidige “reënboognasie”-bestel ‘n hoogs kontroversiële en verdelende rol te speel. Dit sal emosionele manifestasies moet bied wat ten minste met die Mighty Men en rugby-uitlaatkleppe moet kan kompeteer, indien totale verplasing daarvan onmoontlik is. Soos op Ventersdorp moet dit die geleentheid bied vir Afrikaners om solidariteit binne ‘n etniese grondslag te beleef. ‘n Werklike gevoel van volksolidariteit sal hieruit vloei. Dit sal manifesteer as volksnasionalisme. Dinamiese volksnasionalisme is die vereiste voertuig vir bevryding.

Dus kan ten slotte gesê word dat deur die Afrikaner konstant in ‘n toestand van openlike skaamte te hou het die regime en die Afrikaanse pers die perfekte manier gevind om die Afrikanervolk uiteindelik tot sy verdwyning te beskaam. Die Mighty Men-fenomeen en georganiseerde sport, veral rugby, lei enige “ongewenste” woede en behoefte aan groepsolidariteit af. Die ET-begrafnis het vir ons gewys dat Afrikanerwoede reg is om verantwoordelik getap te word. Afrikanerleiers se eie skaamte maak dit vir hulle moeilik tot onmoontlik om Afrikaners tot die noodsaaklike woede aan te spoor. Verbeeldingryke leierskap wat nie bang is om die woede verantwoordelik aan te spoor nie en byeenkomste waar groepsolidariteit beleef kan word, sal Naspers en die ANC se houvas op die Afrikaner verbreek. Bevryding sal onvermydelik volg.

Thursday, June 10, 2010

"Verkaffer" jou kind

deur Vlad du Plessis,
In die laat sewentiger jare toe ek op skool was, is Xhosa as skoolvak deur die Kaaplandse Onderwys Departement ingestel. Aanvanklik het dit heel onskuldig voorgekom. As jongelinge het ons nie veel ag daarop geslaan nie. Immers was daar geen eksamens betrokke nie. Dit was egter ‘n irritasie vir laerskoolkinders vir wie dit addisionele huiswerk mee gebring het.

Dit is interessant dat hierdie verwikkeling juis plaasgevind het in ‘n era toe die Nasionale Party toenemend rigtingloos en die pad begin byster raak het. Selfs toe ons Xhosa-juffrou vir ons Nkosi Sikelel' iAfrika maak sing het, het ons geen idee gehad wat die lied behels nie. Die onderwyseres het dit as ‘n onskuldige geloofsliedjie aan ons verkoop. Ons het geen benul gehad dat dit die lied van ‘n moordadige tereurgroep, die ANC, was nie.

Tenspyte van hierdie vroeë poging om jong Afrikanerkinders mak te maak vir die ongure Afrika kulture, was Christelike Nasionale Onderwys nog goed opdreef om ons terselfdertyd weerbaar teen die Rooi Gevaar te maak. Laasgenoemde was ‘n daadwerklike bedreiging, een wat oplaas die stryd teen ons sou wen. Terugskouend was die aanbieding van swart tale (kulture) aan jong kinders te same met die konstante klem op ‘parraatheid’ ‘n totale teenstrydigheid. Hierdie teenstrydigheid was tekenend van die warboel en rigtingloosheid waarin die NP regering oor die daaropvolgende dekade sou verkeer.

Sowat ‘n week gelede sê ‘n kennis van my, wat in Pretoria woon, hoe onstellend sy dit vind dat die Onderwys Departement alles in hul vermoeë doen “om ons kinders te verkaffer”. Sedert die aanvang van die huidige bedeling is Afrikanerskoliere aan beide ‘n Afrikaner-vyandige sillabus, sowel as die barbaarse kultuurgewoontes van swart skoliere blootgestel. Terselfdertyd word Afrikanerkinders gebombardeer met die regime en die privaatsektor se pogings om rasvermening met die Afrikaan as ‘n utopiese ideal voor tehou. Afrikanerskoliere word konstant bewus gemaak van watter skurke ons as Afrikaners is. Die sillabusse verteenwoordig ‘n onakurate en kommunisties propagandistiese wanvoorstelling van ons land se geskiedenis. Om elke hoek en draai word ons kinders skaam gemaak vir hulle herkoms. Kinders wie se ouers nie sterk staan teen hierdie ondermynende veldtog nie sal hullself gemaklik vereenselfwig met die nuwe pseudo-Anglisistiese Bantoekultuur.

Asof dit nie erg genoeg is nie, is daar nou die Wêreld Sokkerbeker. Skole neem gulhartig aan hierdie seëviering van die swarte se nasionale sport en die hoogtepunt van sestien jaar se misrabele ANC administrasie deel. Ongelukkig moet ek my skaam vir die vele Afrikaners wat met oortuiging aan hierdie wêreldfees van die ANC en FIFA deelneem. Mense wat met misplaaste trots die onderbroekvlag van verdrukking op hul motors vertoon, is ook besig om hul bloedjies in oorgawe met vuvuzelas, Bafana Bafana kleure en allerhande bantoeparafanelia toe te rus. Dat dit nie reeds erg genoeg is dat die ANC-gesinde media en die regime die wereld van die Afrikaan en die leun van die reenboognasie ewig in ons keelgatte afdruk nie, sluk te veel Afrikaners hierdie selfvernietegende simbole met gulsigheid.

By die draai van die vorige eeu was dit Cecil John Rhodes se oogmerk om Kaapse Afrikaners te de-etnifiseer deur hulle aan rugby verslaaf te maak. Ook boerekrygers is in oorlogsgevangeniskampe deur rugby gepassifiseer. Sedert hierdie verslawende Engelse tydverdryf in ons kultuur opgeneem is het Afrikaners hulself meer bekommer oor die ‘spel’ as oor hul stryd om oorlewing op hierdie ongenaakbare kontinent. Selfs I.L. Devilliers het opgemerk, dat die ideaal om internasionale rugby te speel ‘n rol by ons oorgawe in 1994 gespeel het. Kort daarna het Nelson Mandela, oor wie die boek Playing the Enemy geskryf is, hierdie verspotte spel verder aagewend om Afrikaners weereens onskadelik te stel.

Met die Sokker WB is Afrikaners weer gretig om ‘n balsport, wat selfs nie deur hulle gespeel word nie, aan te wend om die pyn van onderdrukking uit te doof. Geen mens kan teen sy vyand weerbaar wees en terselfdertyd die vyand se kultuur-(en sport-) aktiwiteite ondersteun nie. Hierdie punt is soveel te meer waar vir die weerlose verstand van ‘n kind. In die apartheidsjare het swartes enige span wat teen die Springbokke gespeel het ondersteun. Hoewel Afrikaners in ‘n tyd van kruipende volksmoord leef, wat veel erger as apartheid is, ondesteun hulle die swart onderdrukker se vertoon van die NSA aan die wêreld. Is hierdie ‘n geval van Stockholmsindroom waar die slagoffer die terreurmaker lief het? Geniet Afrikaners die pyniging?

Dat volwasse Afrikaners die vyand wil verheerlik is sekerlik erg genoeg, maar dat hulle hul kinders deur die skole en in die huis hierby insleep skree ten hemele. My vriendin in Pretoria is een van die min ouers wat hierteen veg, maar te veel Afrikaners is al te gretig om hul kinders te "verkaffer" (haar term).

Tuesday, June 8, 2010

AfriForum Jeug verkla Fifa en Plaaslike Reëlingskomitee by MRK


AfriForum Jeug het vandag ʼn formele klag teen Fifa en die Plaaslike Reëlingskomitee van die 2010 Fifa-wêreldbeker by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) se hoofkantoor in Johannesburg indien. Hierdie klagte volg nadat die Potchefstroom-munisipaliteit AfriForum Jeug in kennis gestel het dat hul aansoek om op 10 Junie by die borgverhoor van die beskuldigdes wat daarvan aangekla word dat hulle die Potchefstroomse boer, Johan Strydom, vermoor het deur hom lewendig agter ʼn bakkie te sleep, te protesteer, afgekeur is.

In die skrywe wat aan AfriForum Jeug gerig is, word verduidelik dat Fifa en die Plaaslike Reëlingskomitee ʼn moratorium op die hou van protesaksies tydens die Sokkerwêreldbeker geplaas het.

“Die moratorium is direk in stryd met artikel 17 van die Grondwet, wat ons reg om vreedsaam te betoog verskans,” het Ernst Roets, AfriForum Jeug se nasionale voorsitter, gesê. “Die saak waaroor ons wil betoog, het te doen met die grusaamste vorm van geweld denkbaar. Om ons regte in hierdie verband te skend omdat daar ʼn sporttoernooi aangebied word, is totaal onaanvaarbaar.”

In die lig van die skending van AfriForum Jeug se reg om te betoog sal AfriForum Jeug ʼn minidokumentêr oor plaasmoorde internasionaal bekendstel in die komende week. Die dokumentêr sal handel oor plaasmoorde in Suid-Afrika en die rol wat Peter Mokaba daarin gespeel het. AfriForum Jeug sal pertinent ook beswaar maak teen die feit dat ʼn sokkerstadion na Peter Mokaba vernoem is, ten spyte daarvan dat hy rassegeweld en plaasmoorde in Suid-Afrika aangemoedig het en dat hy die regering beïnvloed het om die bestaan van HIV/vigs te ontken.

Staat se onbevoegdheid skep veiligheidsrisiko

TLU SA se Dagbestuur het met kommer kennis geneem van die groter wordende lys van onbevoegde optrede van staatsinstellings, wat nou ‘n wesenlike veiligheidsrisiko skep:

Die feit dat Korrektiewe Dienste nie toegesien het dat vrylatingsvoorwaardes stiptelik nagekom word nie, in die geval van die beweerde jeugdige moordenaar van mnr. Eugene Terre’Blanche, wat bydraend was tot die dood van mnr. Terre’Blanche;

Die feit dat polisielede toenemend met misdaad verbind word, soos in die geval van die naweek se transitorooftog waartydens ‘n polisieman doodgeskiet is en daar vermoed word dat polisielede betrokke was;

Die feit dat steeds meer gevalle aan die lig kom van polisie vuurwapens wat gesteel word of verlore raak, of waar wapens wat ter goeder trou deur die publiek ingehandig is, gesteel of selfs deur polisielede verkoop word.

Die stadige en onbeholpe wyse waarop die polisie nuwe aansoeke vir vuurwapens hanteer. In sommige gevalle wag mense al tot twee jaar vir ‘n lisensie, en is hulle gevolglik sonder beskerming, omdat die polisie se stelsel óf nie werk nie, óf omdat die polisie daarop uit is om mense moedswillig weerloos te laat sonder selfbeveiligingswapen.

“Die veiligheidsituasie in die land is reeds op ‘n gevaarlik lae vlak. Hierdie opsetlik of nalatig misdadige optrede van die polisie en ander staatsinstansies, veroorsaak dat ‘n uiters plofbare situasie kan ontstaan, waar die publiek geen vertroue meer in enige blou uniform sal hê nie, wat kan lei tot gewelddadige konfrontasie, met gevolge wat niks goeds vir die land kan inhou nie,” sê TLU SA se President, mnr. Ben Marais.

“Sodra ‘n bevolking sy respek vir die veronderstelde handhawers van wet en orde verloor, is daar al sprake van anargie. Suid-Afrika is tans op die rand daarvan, en tensy iets vinnig en drasties gebeur, onomkeerbaar op pad daarheen,” sê mnr. Marais. “Die enigste wat iets daaraan kan doen, is die regering self. Ons sal voortgaan om ons boere te wys op die noodsaaklikheid om hulleself te beveilig, deesdae oënskynlik selfs teen die polisie.”

Thursday, May 20, 2010

'Aanvaarbare' geweld op Marzanne Kruger

deur Vlad du Plessis,
Met die weiering van borgtog aan Marzanne Kruger se aanvallers sê Landdros Stanley Mkhari "Ek verstaan nie hoekom die kind tot so 'n mate aangerand is nie." Noodwendig wil ek weet watter 'mate' van geweld, teenoor Marzanne, dan vir die landros aanvaarbaar sou wees?

Die landdros se uitlating is werklik kommerwekkend. Waarom is die landdros bekommerd oor die 'mate' waartoe Marzanne aangerand is? Moet hy nie eerder gepla wees met die feit dat sy énigsins aangerand is nie? Verklap sy uitlating iets oor sy (en baie ander swartes) se sentiment oor geweld op blankes, selfs blanke kinders?

Met die verhoor van beskuldigdes in die ET moordsaak het ons gesien hoe rassesolidariteit die swartpubliek gedryf het om in groot getalle by die hof op te daag om hierdie barbare te ondersteun. Die algemene gevoel onder die swartpubliek is dat selfs die afgryslik wreedaardige wyse waarop ET vermoor is 'n goeie ding is. Die beskuldigdes is helde in die oë van die swartpubliek.

Dit is my argument dat swartes hulself verbly in elke aanval en moord op blankes. Dit spreek uit die feit dat hulle soveel kere ter ondersteuning van hul rasgenote se barbarisme by hofsake opdaag. Ek het in 'n vorige skrywe geargumenteer dat die ANC tot op sy hoogste vlakke 'n bloedige volksmoord op wittes begeer. Vele bewyse bestaan vir so 'n argument. Nie die minste hiervan nie is die implisiete kondonering van Julius Malema se moordliedjies.

Met kader ontplooiing in die regbank en die algemene irrasionele trant van swartrassesolidariteit, glo ek dat hierdie volksmoordbegeerte ook daar verteenwoordig word. Wanneer Landdros Stanley Mkhari, dus beswaar teen die 'mate' van geweld teen Marzanne maak, is dit moontlik omdat hy 'n mindere mate van geweld nie problematies sou vind nie? As landdros sou hy enige geweld teen haar moes verdoem, maar is dit moontlik dat die groteske aard van die aanval op haar dit makliker maak vir hom om sy plig na te kom? En as laasgenoemde die geval is, is dit dan selfs moontlik dat dit net gaan om plig, maar dat hy in sy diepste dink dat Marzanne gekry het wat sy verdien? Was die woord 'mate' 'n Freudiaanse glips?

Terwyl 'n boer, Johan Strydom, wat as filantroop beskryf is weens sy goeie werk onder swartes, 'n week gelede agter 'n bakkie aangesleep is, het 'n soortgelyke voorval enkele jare gelede, waar 'n swarte die slagoffer was, internasionale opslae gemaak. In verlede week se geval was die boer maar net een van die vele 'normale' aanvalle wat daagliks op blankes gepleeg word. Nóg sy dood, nóg die grusame aard daarvan het enigsins nuus in die buiteland gemaak. Ook plaaslik word sy moord nie as 'n rassevoorval getipeer nie. Dit terwyl die Reitz insident, waar koshuiswerkers betaal is om flou Oros koeldrank te drink, 'n groteske 'misdaad teen die mensdom' was.

Naspers doen heelhartig aan hierdie verdraaiing van die waarheid mee. Die linkse propagandahuis ontken nog steeds die volksmoord wat op die Afrikaner gepleeg word. In artikels oor die aanval op Marzanne Kruger skemer dit duidelik deur dat Naspers die 'effe' rowwe hantering wat haar oppasser, wat die aanvallers die huis ingelaat het, as gelykstaande (of ten minste amper gelykstaande) aan die diaboliese aanval op Marzanne, beskou.

Behalwe in ekstreem psigotiese gevalle, pleeg blankes nie hierdie tipe misdaad teen swartes of enigeen anders nie. Hoewel die bediening van oorverdunde Oros aan swartwerkers, te Reitzkamerwonings, tot 'n internasionale histerie verhef was, maak nóg Marzanne nóg die bakkiesleepmoord op Johan Strydom enigsins nuus in die buiteland. In Suid Afrika het die 'mate' van geweld teen Marzanne haar wel van plek op plaaslike koerantblaaie voorsien. Tog vir die anti-Afrikaner buiteland is nie eens die 'mate' van wreedheid genoeg om enige belangstelling in hierdie ekstreem rassistiese aanval op 'n Afrikanerkleuter te ontlok nie.


Die Afrikaner se vyande in die buiteland en plaaslik is velerlei. Simpatie vir ons saak is skraal. Vir óns, is die messe uit. Ter wille van oorlewing en bevryding is ons op ons self aangewese. Ons kan nie meer handjies gevou sit nie.

Wednesday, May 19, 2010

Die volk se stryd om vryheid

deur Radio Pretoria,

Menige Afrikaner, en in besonder die Boere-Afrikaners, neem deel aan die stryd om selfbeskikking te herwin. Dit is nie ’n apartheidstryd nie, dit is ’n stryd om te wees soos die ander beskaafde volke van die wêreld, waar elkeen sy eie begrensde grondgebied besit, regeer, bewoon en bewerk.

Om dit werklikheid te maak, is ’n moeisame pad. Die verskillende opsies wat bestaan het elkeen besondere voordele, maar waarskynlik ook besondere nadele. Ten einde selfbeskikking te verwesenlik, is daar oor ’n lang tydperk ernstig besin deur verskillende strukture en organisasies.

Een van die opsies word van die mees aanvaarbare handelinge beskou – nie net deur volksgenote nie, maar ook deur die internasionale gemeenskap. Dit is die Reg op Selfbeskikking soos vervat in die besluite van die Verenigde Nasies.

Die Volksraad Verkiesings Kommissie stel hom ten doel om hierdie opsie te gebruik om ons volk op demokratiese wyse tot ’n volkstemming te lei waar volksverteenwoordigers aangewys word om uitvoering te gee aan die prosesse wat uiteindelike selfbeskikking kan bied.

Radio Pretoria is verantwoordelik om saam met die VVK in hierdie prosesse deel te neem deur die boodskap van deelname oor te dra aan elkeen wat glo dat Afrikaners weer ’n vrye volk behoort te wees.

As jy hiermee eens is, dan word jy vriendelik versoek om kontak te maak met die verteenwoordigers van die VVK, sodat jy geregistreer kan word as kieser om deel te neem aan ’n volkseie verkiesing.

Kontak die VVK by telefoon nommer 012- 803 0712 of stuur ’n e-pos aan info@vvk.co.za en gee daarmee die eerste tree tot volksvryheid.

Jy kan ook per slakkepos kontak maak: VVK, Posbus35133, Menlopark 0102