deur Vlad du Plessis,
In die laat sewentiger jare toe ek op skool was, is Xhosa as skoolvak deur die Kaaplandse Onderwys Departement ingestel. Aanvanklik het dit heel onskuldig voorgekom. As jongelinge het ons nie veel ag daarop geslaan nie. Immers was daar geen eksamens betrokke nie. Dit was egter ‘n irritasie vir laerskoolkinders vir wie dit addisionele huiswerk mee gebring het.
Dit is interessant dat hierdie verwikkeling juis plaasgevind het in ‘n era toe die Nasionale Party toenemend rigtingloos en die pad begin byster raak het. Selfs toe ons Xhosa-juffrou vir ons Nkosi Sikelel' iAfrika maak sing het, het ons geen idee gehad wat die lied behels nie. Die onderwyseres het dit as ‘n onskuldige geloofsliedjie aan ons verkoop. Ons het geen benul gehad dat dit die lied van ‘n moordadige tereurgroep, die ANC, was nie.
Tenspyte van hierdie vroeë poging om jong Afrikanerkinders mak te maak vir die ongure Afrika kulture, was Christelike Nasionale Onderwys nog goed opdreef om ons terselfdertyd weerbaar teen die Rooi Gevaar te maak. Laasgenoemde was ‘n daadwerklike bedreiging, een wat oplaas die stryd teen ons sou wen. Terugskouend was die aanbieding van swart tale (kulture) aan jong kinders te same met die konstante klem op ‘parraatheid’ ‘n totale teenstrydigheid. Hierdie teenstrydigheid was tekenend van die warboel en rigtingloosheid waarin die NP regering oor die daaropvolgende dekade sou verkeer.
Sowat ‘n week gelede sê ‘n kennis van my, wat in Pretoria woon, hoe onstellend sy dit vind dat die Onderwys Departement alles in hul vermoeë doen “om ons kinders te verkaffer”. Sedert die aanvang van die huidige bedeling is Afrikanerskoliere aan beide ‘n Afrikaner-vyandige sillabus, sowel as die barbaarse kultuurgewoontes van swart skoliere blootgestel. Terselfdertyd word Afrikanerkinders gebombardeer met die regime en die privaatsektor se pogings om rasvermening met die Afrikaan as ‘n utopiese ideal voor tehou. Afrikanerskoliere word konstant bewus gemaak van watter skurke ons as Afrikaners is. Die sillabusse verteenwoordig ‘n onakurate en kommunisties propagandistiese wanvoorstelling van ons land se geskiedenis. Om elke hoek en draai word ons kinders skaam gemaak vir hulle herkoms. Kinders wie se ouers nie sterk staan teen hierdie ondermynende veldtog nie sal hullself gemaklik vereenselfwig met die nuwe pseudo-Anglisistiese Bantoekultuur.
Asof dit nie erg genoeg is nie, is daar nou die Wêreld Sokkerbeker. Skole neem gulhartig aan hierdie seëviering van die swarte se nasionale sport en die hoogtepunt van sestien jaar se misrabele ANC administrasie deel. Ongelukkig moet ek my skaam vir die vele Afrikaners wat met oortuiging aan hierdie wêreldfees van die ANC en FIFA deelneem. Mense wat met misplaaste trots die onderbroekvlag van verdrukking op hul motors vertoon, is ook besig om hul bloedjies in oorgawe met vuvuzelas, Bafana Bafana kleure en allerhande bantoeparafanelia toe te rus. Dat dit nie reeds erg genoeg is dat die ANC-gesinde media en die regime die wereld van die Afrikaan en die leun van die reenboognasie ewig in ons keelgatte afdruk nie, sluk te veel Afrikaners hierdie selfvernietegende simbole met gulsigheid.
By die draai van die vorige eeu was dit Cecil John Rhodes se oogmerk om Kaapse Afrikaners te de-etnifiseer deur hulle aan rugby verslaaf te maak. Ook boerekrygers is in oorlogsgevangeniskampe deur rugby gepassifiseer. Sedert hierdie verslawende Engelse tydverdryf in ons kultuur opgeneem is het Afrikaners hulself meer bekommer oor die ‘spel’ as oor hul stryd om oorlewing op hierdie ongenaakbare kontinent. Selfs I.L. Devilliers het opgemerk, dat die ideaal om internasionale rugby te speel ‘n rol by ons oorgawe in 1994 gespeel het. Kort daarna het Nelson Mandela, oor wie die boek Playing the Enemy geskryf is, hierdie verspotte spel verder aagewend om Afrikaners weereens onskadelik te stel.
Met die Sokker WB is Afrikaners weer gretig om ‘n balsport, wat selfs nie deur hulle gespeel word nie, aan te wend om die pyn van onderdrukking uit te doof. Geen mens kan teen sy vyand weerbaar wees en terselfdertyd die vyand se kultuur-(en sport-) aktiwiteite ondersteun nie. Hierdie punt is soveel te meer waar vir die weerlose verstand van ‘n kind. In die apartheidsjare het swartes enige span wat teen die Springbokke gespeel het ondersteun. Hoewel Afrikaners in ‘n tyd van kruipende volksmoord leef, wat veel erger as apartheid is, ondesteun hulle die swart onderdrukker se vertoon van die NSA aan die wêreld. Is hierdie ‘n geval van Stockholmsindroom waar die slagoffer die terreurmaker lief het? Geniet Afrikaners die pyniging?
Dat volwasse Afrikaners die vyand wil verheerlik is sekerlik erg genoeg, maar dat hulle hul kinders deur die skole en in die huis hierby insleep skree ten hemele. My vriendin in Pretoria is een van die min ouers wat hierteen veg, maar te veel Afrikaners is al te gretig om hul kinders te "verkaffer" (haar term).
No comments:
Post a Comment